Verdagtes in Oos-Kaap vir gewelddadige misdade in hegtenis geneem

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Vier verdagtes, tussen 25 en 40 jaar oud, wat glo agter ‘n reeks gewelddadige misdade, insluitend ontvoerings en moorde in die provinsie is, is Woensdag tydens ‘n deurbraak deur die Valke in hegtenis geneem.

Lt.kol. Avele Fumba, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring verskeie eenheide het in die vroeë oggendure ‘n wit Toyota GD6 met swaargewapende verdagtes onderskep. Met die polisie wat nader beweeg het, is daar deur die verdagtes op hulle geskiet. ‘n Konfrontasie het ontstaan, waartydens die vinnige en gekoördineerde optrede van die taakspan tot die inhegtenisneming van die vier verdagtes gelei nie. Niemand van die polisie-taakspan is tydens die voorval beseer nie.

Drie pistole en ’n R5-geweer, vermoedelik ‘n staatsuitreiking met ‘n afgevylde reeksommer, is tydens deursoeking van die voertuig gekry. Vier buitelandse bankkaarte, wat moontlik met lopende ontvoeringsondersoeke verbind word, is ook gevind. Die verdagtes sal soos wat die ondersoek vorder onder meer van poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en moontlik ook aanklagte rakende ontvoerings en moorde aangekla word.

Die Valke het ’n beroep gedoen op gemeenskappe, sakelui en individue wat moontlik deur ontvoerings of ander gewelddadige misdade geraak is, om na vore te kom en saam met wetstoepassers te werk.

Genl.maj. Ngwenya, provinsiale Valke-hoof, sê: “Hierdie inhegtenisnemings is ’n deurslaggewende stap in die opbreek van gewelddadige misdaadnetwerke wat ons gemeenskappe in die provinsie geteister het. Die Valke sal aanhou om onverpoos saam met ons vennote te werk om te verseker dat oortreders van sulke misdade aan die gereg onderwerp word.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief