Verdagtes van huisroof by hospitaal gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Onbekende aantal verdagtes het Vrydagmiddag omstreeks 15:30 glo vier studenteverpleërs by hule huise by Jane Furse-hospitaal beroof.

Brig. Hlulani Mashaba sê die studente is glo met vuurwapens gedreig om nie te skree nie en is van onder meer selfone, kruideniersware, klere en geld met ‘n geskatte waarde van R70 000 beroof. Die verdagtes, wat vermom was, het glo ook die veiligheidsbeampte in ‘n kamer vasgebind.

Die polisie is ontbied en ‘n huisroofsaak geregistreer.

Die verdagtes word gesoek.

Enigiemand met inligting van die voorval kan konst. Thabiso Ranta by 082 479 2828 kontak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief