Vermiste tienerseun

Lees ook :

Kesley Hendricks (17) is al sedert 3 April 2019 vermis.

“Hy het Woensdagoggend voor skool buite vir sy lift gewag. Ek het reeds werk toe gery toe hy nog buite gewag het. Hy het sy skoolklere aangehad”, sê Hendricks se ouma, Sandra Christians.

Nog nie tuis

“Ek het na werk huis toe gekom, toe is hy nog nie tuis nie. Hy doen geen sport na skool nie en is gewoonlik al by die huis as ek klaar gewerk het. Hy het nog nooit so iets gedoen deur nie huis toe te kom nie. Dis die eerste keer. Dit bekommer my, want ’n paar van sy vriende sê hulle het hom Donderdag en Vrydag laas gesien, en toe nie weer nie.”

Laas gesien

“Party mense sê hulle het hom laas in Cassandra (waar ons woon) gesien. Ander sê weer hulle het hom by Checkers of die ou Game-sentrum gesien, so ons is nie seker wat die waarheid is nie,” sê sy.

Polisiesaak

Christians bevestig ook dat sy reeds ’n saak by die polisie gaan oopmaak het.