’n Gesamentlike 21.8mm reën word vir die res van hierdie week in Kimberley verwag.
Bewolkte weer en reënbuie met ‘n maksimum van 21°C word vir vandag, Woensdag 10 April in Kimberley voorspel. ’n Totaal van 3.2mm reën word op dié dag verwag.
’n Maksimum van 23°C met die moontlikheid van reënbuie word vir Donderdag verwag. 7.7mm reën word vir dié dag voorspel. ’n Maksimum van 22°C word vir Vrydag verwag.
10.9mm reën vir Sondag voorspel
Warmer weer, met ’n maksimum van 25°C, word vir Saterdag verwag.
Langtermyn weeroorsig
Langtermyn weervoorspellings dui op ’n yskoue Maandag in volgende week met ’n maksimum van 18°C. 1.2mm reën word vir Donderdag 18 April voorspel.