[t4b-ticker]

Vier sterf toe gebou brand

Lees ook :

Foto's: City of Joburg EMS

GAUTENG. – Vier persone het gesterf toe ‘n gebou in Jeppestown, in Johannesburg, in die vroeë oggendure aan die brand geraak het.

Volgens Stad Johannesburg se nooddienste is brandbestryders na die brandende drieverdiepinggebou gestuur.

Die brand is geblus, maar tydens die reddingsoperasie het brandbestryders vier liggame in die gebou gevind.

Nog drie persone is vir rookinaseming behandel.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief