Vrou en ‘n man meters van mekaar doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou is in die vroeë oggendure in Clayfieldrylaan, Clayfield, Phoenix, doodgeskiet in ‘n voertuig gevind. ‘n Man se liggaam is ongeveer 20 meter verder met skietwonde gekry.

Reaction Unit South Africa sê die operasionele sentrum het net voor 01:00 oproepe vir hulp gekry.

“Met reaksiebeamptes se aankoms op die toneel was SAPD Phoenix teenwoordig.”

Die liggaam van ‘n vrou is in ‘n passasiersitplek van ‘n wit VW Polo gevind en die liggaam van ‘n man in ‘n voetpad ongeveer 20 meter verder. Hulle is vermoedelik man en vrou. Beide is met verskeie skietwonde dood verklaar.

“Getuies het berig dat hulle ‘n silwer VW Jetta (registrasie onbekend) van die toneel van die moorde sien ry het.”

Rusa sê die motief vir die voorval is onbekend.

KZNVIP Protection Services sê die silwer Jetta 6 het na bewering die oorledenes se wit Polo agtervolg terwyl hulle die Ronnies-kompleks binnegery het.

“Insittendes van die Jetta 6 het toe verskeie kere op die voertuig losgebrand en terwyl die man probeer vlug het, die vrou noodlottig gewond. Terwyl die man probeer vlug het, is hy ook ‘n paar meter van die voertuig af doodgeskiet.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief