Vrou stort ineen, nadat sy vir bejaarde man se moord gearresteer is

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Freddy George Willis (80) is op 27 April doodgeskiet, waarna drie van sy familielede as verdagtes op aanklagte vir sy moord in hegtenis geneem is. Nomvula Lucy Willis (75), die vermoorde se vrou, het op 6 Mei inmekaargestort en is in ‘n hospitaal opgeneem. Sy kon nie op 9 Mei saam met die ander beskuldigdes in die Nkomazi-landdroshof vir die Schoemansdal-moordsaak verskyn nie.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê George Kenedy Willis (55), die oorledene se seun, en Kenny Rudolph Willis (29), die oorledene se kleinseun en eersgenoemde se seun, het wel op 9 Mei in die hof verskyn, waarna die saak tot Dinsdag 13 Mei uitgestel is. Die beskuldigdes se aansoek om borgtog sal dan verder aangehoor word. Die drie verdagtes bly in aanhouding.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief