Vrou vermoor, man hang van dakbalk

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Vrou (42) se moord en man (65) se beweerde selfdood Dinsdagmiddag word deur die Phokeng-polisie ondersoek. Bure het op die grutoneel afgekom en die polisie ontbied. Die vrou het aan ernstige beserings gesterf en die liggaam van die man het van ‘n dakbalk gehang.

Kol. Adéle Myburgh sê die tragiese insident volg kort nadat ‘n vrou laasweek in Mahikeng in ‘n insident van huishoudelike en geslagsgebaseerde geweld vermoor is. Die polisie is bekommerd oor die hoë aantal rapporterings van huishoudelike geweld, geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord. Myburgh sê die misdade word ongelukkig blameer op en verkeerdelik aan swak, onvoldoende of oneffektiewe polisiewerk toegeskryf.

Maj.genl. Patrick Asaneng, die waarnemende provinsiale kommissaris, sê: “Geen hoeveelheid polisiestasies, slagoffer-vriendelike kamers, teken van beskermingsbevele of sigbare polisiëring gaan die maatskaplike euwels van huishoudelike en geslagsgebaseerde geweld uitwis nie, aangesien hierdie misdade in huise, in skole en soms deur vals tradisionele genesers en in plekke van aanbidding deur predikante gepleeg word.

Wat ontstellend en diep kommerwekkend is, is dat wanneer hierdie insidente plaasvind en aangemeld word, gemeenskappe, sosiale kommentators, burgerregte-aktiviste, sosiale en hoofstroommedia onmiddellik oorgaan tot ‘n hoogs reaktiewe openbare skuldtoewysing in plaas van ‘n rasionele diagnose van ‘n maatskaplike krisis. Imbizo’s, manskonferensies, inhegtenisnemings en ander huidige ingrypings is duidelik oneffektief, en daarom is ‘n ernstige paradigma-verskuiwing in die land rakende die verband tussen substansmisbruik, geweld en onsedelikheid in die samelewing, nodig.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief