GAUTENG. – Vyf familielede – ‘n bejaarde, ‘n volwassene en drie minderjariges – het Vrydagoggend hulle lewens verloor toe ’n plakkershut in Olievenhoutbosch Uitbreiding 25, in Centurion, afgebrand het.
Lindsay Mnguni, woordvoerder vir die Stad Tswhane, sê nooddienste het hulle kort ná 05:00 na die brand gehaas. Brandbestryders is met twee brandweerwaens en ‘n watertenkwa van die Heuweloord- en Centurion-brandweerstasies na die toneel ontbied. Met hulle aankoms het hulle ‘n viervertrek-plakkershut wat in geheel deur die brand verwoes is, aangetref. Vyf familielede het in die brand omgekom. Die brand is geblus, waarna verskeie rolspelers, insluitend brandveiligheid, rampbestuur, Gauteng se noodmediese dienste, die polisie, forensiese patologiesedienste, misdaavoorkomingsbeamptes en gemeenskapsleiers op die toneel hulp verleen het.
Mngunis sê voorts nooddienste moedig inwoners aan om gedurende die wintermaande waaksaam te wees en uiterste sorg aan die dag te lê om soortgelyke voorvalle te voorkom.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





