Wianco Blom en sy vrou Ilne wat in die 12de seisoen van Boer soek ’n Vrou te sien was, verwag ’n seuntjie.
Die paartjie het die nuus op Moedersdag op Instagram gedeel. Die baba sal einde September of begin Oktober gebore word.
Wianco en Ilne het ’n video gedeel waarin die geslag van die baba onthul word. In die video sny hulle die koek met ’n sjampanjeglas. Die binnekant van die koek is dan blou.
Bron: Ilne Blom Instagram





