Lees ook: Agnes Setshwantsho bly in die tronk, geen borg
KURUMAN. – Agnes Setshwantsho het verlede week in die Kuruman-landdroshof verskyn waar sy van nog ’n moord en bedrog aangekla is.
Setshwantsho is formeel aangekla van die moord op haar seun, Kutlo Setshwantsho. Sy het sy lewe in 2023 vir R6 miljoen verseker. Setshwantsho het hom glo ’n hamburger vol gif gegee toe hulle na Kaapstad gereis het waar hy studeer het.
Sy word ook aangekla van die moord op haar niggie op Mahikeng.
Die polisie ondersoek nog die dood van haar man, haar broer en haar twee dogters.
Sy sal weer op 12 Maart in die hof verskyn.
Bronne: OFM, Algoa FM, Briefly





