Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak sê hy is geslaan tot hy ‘sy broek natgemaak het’
PRETORIA. – Een van die beskuldigdes in die Senzo Meyiwa-moordsaak het gesê hy was nie bewus gemaak van sy regte toe hy in hegtenis geneem is nie.
Bongani Ntanzi het beweer hy is nie tydens sy inhegtenisneming op 16 Junie 2020 ingelig oor sy regte nie. Hy is glo ook met die verkeerde saaknommer en inligting in hegtenis geneem.
Ntanzi is ook een van die beskuldigdes wat beweer het hy is aangerand tot hy skuld erken het vir die moord op Meyiwa.
Daar is tans ‘n verhoor binne ‘n verhoor om te besluit of die verdagtes se skulderkennings gebruik kan word.
Bronne: The Citizen, IOL, SABC
Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak sê hy is geslaan tot hy ‘sy broek natgemaak het’





