Lees ook: Betogers teiken Botticelli-skildery in Italië
TURKYE. – Minstens nege werkers is vermis na ‘n grondverskuiwing by ‘n goudmyn in Turkye.
Die werkers is vermoedelik in die myn vasgekeer na ‘n massiewe grondverskuiwing gister plaasgevind het.
Sowat 800 soek-en-reddingspersoneel, insluitend die polisie, weermag, mynredders en vrywilligers, is gestuur om na die werkers te soek. Daar is steeds geen teken van hulle nie en die soektog duur voort.
Bronne: Euronews, BBC, Reuters





