Sielkundige impak na traumatiese gebeure moet aangespreek word

Lees ook :

Foto: DBV

In die nadraai van die gebeure rondom die dok van die Al Kuwait-“doodskip” in die Kaapstad-hawe, gaan ‘n webinaar plaasvind wat daarop gemik is om enigiemand wat getraumatiseer is deur die gebeure, by te staan.

Lees die vorige artikel hier: Vrot reuk oor Kaapstad as gevolg van ‘skip van dood’ – DBV

Die skip het 19 000 beeste vervoer en aansienlike media-aandag gekry as gevolg van die betreurenswaardige toestande aan boord. Sielkundige Charissa Bloomberg sê baie mense het na haar uitgereik vir hulp om gevoelens te verwerk nadat die skip die hawe in Kaapstad verlaat het.

Bloomberg, ‘n bekende sielkundige, radio- en TV-persoonlikheid, sal saam met mede-gasheer Phillipa Mitchell, ‘n skrywer en redakteur, die webinaar met die titel “Managing the psychological impact of the arrival of the death ship” lei.

Geskeduleer vir Donderdag 29 Februarie 2024 van 19:00 tot 20:00 Suid-Afrikaanse tyd, is die webinar daarop gemik om praktiese strategieë te verskaf vir ontlonting, bestuur van emosies en die bevordering van geestelike welstand in die nadraai van traumatiese gebeure. Die webinasr is gratis.

Bloomberg beklemtoon die diepgaande gevoelens van hopeloosheid, woede, oorweldigende hartseer en PTSD wat baie individue ervaar het in die nasleep van die Al Kuwait-voorval. Die webinaar sal delf in onderwerpe soos selfrefleksie, selfregulering en identifisering wanneer emosies selfvernietigend raak. Deelnemers sal ook maniere ondersoek om beheer oor geestesgesondheid te neem en positiewe hanteringsmeganismes aan te leer.

Kyk ook: Foto’s van beeste op ‘doodskip’ nie vir sensitiewe lesers nie

Die webinaar het ook ten doel om ‘n gevoel van gemeenskapsondersteuning, begrip en aksie te bevorder, wat ‘n platform bied vir oop dialoog en die deel van ervarings.

Die geleentheid is oop vir almal wat deur die Al Kuwait-voorval geraak word, sowel as diegene wat belangstel in geestesgesondheid en welstand of wat poog om positief by te dra in die nasleep van sulke gebeure.

Om vooraf vir die webinaar te registreer, kan belangstellendes hier klik.

Lees die vorige artikels oor Al Kuwait hier:

Nuusflits by protesaksie vir beeste

Al Kuwait met beeste verlaat Kaapstad-hawe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief