KWAZULU-NATAL. – Twee mans, onderskeidelik 24 en 34 jaar oud, is Donderdag terwyl hulle glo dwelms gebruik het in Osindisweni doodgeskiet.
Reaction Unit South Africa sê bure wat in ‘n kamer op die liggame afgekom het, het die operasionele sentrum omstreeks 20:00 vir hulp gebel.
Volgens Rusa is ses gebruikte 9 mm-doppies op die toneel gevind.
Na bewering het ses persone saam in die kamer dwelms gebruik toe drie onbekende verdagtes glo die kamer binnegegaan en vier persone beveel het om die kamer te verlaat. Die twee agtergeblewenes is toe glo geskiet.
Rusa sê die motief vir die moorde is tans onbekend.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.





