Lees ook: Vrou val na haar dood toe oefenmasjien haar afgooi
MISSOURI, VSA. – ‘n Bruidegom is op sy troudag voor sy bruid en hulle kinders deur rowers in die kop geskiet.
Manuel en Dulce Gonzalez het Vrydag ‘n intieme trouseremonie by hulle huis gehad toe twee onbekende mans die erf ingestorm het. Een van die gewapende mans het die bruidegom met ‘n vuurwapen aangehou terwyl die ander een deur die gaste se sakke gegaan het vir geld.
Manuel is deur die een rower in die kop geskiet. Hulle het gevlug sonder om enigiets te steel.
Manuel is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Niemand is nog in hegtenis geneem vir die skietery nie.
Bronne: The Independent, New York Post, Law & Crime
Lees ook: Vrou val na haar dood toe oefenmasjien haar afgooi





