Bejaarde by huis vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Chris Bossert (65) is Woensdag in Elandsheuwel, Klerksdorp, oorval en so erg aangerand dat hy gesterf het.

Lt.kol. Amanda Funani sê twee vroue- en een mansverdagte het by die oorledene voorgegee om werk te soek. Die oorledene, wat alleen gewoon het, is na bewering deur die verdagtes oorval en erg met ‘n onbekende voorwerp aangerand. Nog vier ander verdagtes het die huis betree en geplunder. Huishoudelike items is gesteel, waarna van die toneel gevlug is.

Funani sê gemeenskapslede het die verdagtes die huis van die oorledene sien verlaat en die polisie ontbied. Die polisie het die man dood aangetref.

Donderdag is twee van die verdagtes vasgetrek wat glo probeer het om van die oorledene se gesteelde besittings by ‘n taxistaanplek te verkoop. Die verdagtes in aanhouding het glo die polisie na die ander verdagtes gelei. Sewe verdagtes is onderskeidelik Donderdag en Vrydag gearresteer en is tans in aanhouding.

Funani sê ‘n vuurwapen wat aan die oorledene behoort, is ook saam met nog gesteelde items in die verdagtes se besit gevind.

Die verdagtes sal Maandag op aanklagte van moord en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, wat ‘n vuurwapen insluit, in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief