Nasionale Vervoerveiligheidsraad hou verhoor oor Boeing 373 na paneel losskiet

Lees ook :

Nasionale Vervoerveiligheidsraad hou verhoor oor Boeing 373 na paneel losskiet
Nasionale Vervoerveiligheidsraad hou verhoor oor Boeing 373 na paneel losskiet fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing finaliseer pleitooreenkoms in bedrogsaak

VSA. – Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad (NTSB) hou ’n verhoor om enige inligting te kry wat tot dusver weerhou is ná ’n Boeing Co. 737 Max 9-vliegtuig ’n paneel van ‘n nooddeur tydens ’n vlug in Januarie verloor het.

Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad sal Boeing se hoofde en die vervaardiger, Spirit AeroSystems Holdings Inc., vandag en môre ondervra. Dit is redelik bekend wat die voorval veroorsaak het, maar die verhoor wil nuwe lig werp op wat by die maatskappy voor die voorval aangegaan het.

’n Paneel van ‘n nooddeur het op 5 Januarie vanjaar van ‘n Boeing 737 Max 9-vliegtuig 16 000 voet in die lug losgekom na skroewe nie ingesit is nie.

Boeing het gesê die voorval is veroorsaak deur papierwerk wat gekort het en veroorsaak het dat die skroewe nie teruggesit is nie.

Daar kan moontlike kriminele klagtes teen Boeing oor die voorval gebring word. Boeing moes reeds skuldig pleit op bedrogaanklagtes na twee vliegtuigongelukke in 2018 en 2019 waarin 346 mense omgekom het.

Bronne: Bloomberg, CNN, AP News

Lees ook: Boeing finaliseer pleitooreenkoms in bedrogsaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief