Lees ook: Iranse vrou verlam na polisie haar glo skiet oor hijab
IRAN. – Volgens ‘n woordvoerder van Iran se Islamitiese Revolutionary Guard Corps (IRGC) gaan die beplande weerwraak teen Israel “tyd neem”.
Ali Mohammad Naeini het gesê: “Tyd is aan ons kant en die wagperiode vir die weerwraak kan verleng word”.
Iran het gesweer om weerwraak te neem na die dood van die Hezbollah-leier, Fu’ad Shukr, en die dood van Hamas-leier, Ismail Haniyeh.
Volgens CNN is Haniyeh dood na ‘n bom in die gastehuis waar hy gewoon het geplant is.
Bronne: CNN, Egypt Independent, Bloomberg
Lees ook: Iranse vrou verlam na polisie haar glo skiet oor hijab





