NIEU SEELAND. – Die Ohinemuri-rivier noord van Tauranga in Nieu-Seeland het helderoranje verkleur.
Die distriksraad het bevestig die water het waarskynlik oranje geword as gevolg van ou mynwerke in die omgewing. Hulle het op Facebook gewaarsku dat mense nie in die water moet gaan nie, aangesien dit moontlik besoedel kan wees. Hulle sê ook: “Totdat ons die bron kan identifiseer, moet ons dit as die ergste scenario hanteer, aangesien ons berigte kry van mense wat in die water staan.”
Hul senior noodreaksiebeamptes dink dat die verkleuring moontlik deur die ineenstorting van ‘n mynskag, wat swaar metale en ander besoedelingstowwe in die rivier kon laat beland het, veroorsaak is.
Lees meer hier.
Bronne: Sun Life, The Nieu Zeeland Herhald





