Bejaarde verkrag, verdagte raak op toneel aan die slaap

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Vrou (71) is deur twee verdagtes in haar huis verkrag, waarna een op die toneel aan die slaap geraak en later gevlug het. Burgersfort-GKS het die soektog na die verdagtes verskerp.

Kol. Malesela Ledwaba sê die vrou het geslaap toe daar aan haar venster geklop is en verdagtes toegang deur die deur forseer het. Hulle het glo gedreig om haar dood te maak, waarna sy na ‘n ander kamer op die erf gesleep en herhaaldelik verkrag is. Een van die verdagtes het by die slagoffer in die vertrek gebly en aan die slaap geraak. Die slagoffer kon daarin slaag om hulp by die bure te gaan soek. Beide die verdagtes het intussen gevlug.

Die slagoffer is vir ‘n mediese ondersoek na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Enigiemand wat met inligting oor die insident kan help, word gevra om konst. Mildred Mabotsa by 083 491 6337 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief