Lees ook: Man gehang in huis aangetref
SESHEGO. – ’n Verdagte (22) is in hegtenis geneem vir die verkragting van sy stiefsuster (11).
Die slagoffer se ma het ’n oproep van haar dogter se onderwyser ontvang om vir haar te sê die dogter beweer sy is deur haar stiefbroer verkrag.
By die huis het die dogter aan haar ma bevestig sy is verskeie kere op 23 September in haar kamer deur haar stiefbroer verkrag.
Die ma het die stiefbroer gekonfronteer, maar hy het dit ontken. Sy het op 11 Oktober ’n saak by die polisie gemaak, waarna hy die volgende dag in hegtenis geneem is.
Hy sal Maandag in die Seshego-distrikshof op aanklagte van verkragting voorkom.
Bronne: SAPD
Lees ook: Man gehang in huis aangetref





