NOORDWES. – Wahasele Hazekiel Majoro (33) en Tumelo Martin Katali (41) is skuldig bevind aan die moord op Ephraim Diloro (71) op 4 April 2022 in sy huis op sy plaas in Koster en elk lewenslank vir moord en 10 jaar vir diefstal gevonnis.
Sivenathi Gunya, woordvoerder vir die NVG, sê een van die veroordeeldes het as ‘n veewagter vir Diloro gewerk. Op die betrokke aand het hy en sy mede-veroordeelde na die huis gegaan om aanvanklik R200 te leen. Hulle het meer geld geëis en het Diloro verwurg toe dié geweier het.
Die twee manshet Diloro se bakkie gesteel om na Lesotho te probeer vlug. By die Lesotho-grenspos is hulle in hulle spore gestuit toe daar bevestig is die bakkie behoort aan die oorledene. Die twee het selfs onsuksesvol polisielede probeer omkoop om hulle te laat gaan. Beide is gearresteer en met nog bewyse met die moord verbind.
Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.





