Lees ook: Israel betree Sirië-buffersone vir eerste keer in 50 jaar
ISRAEL. – Benjamin Netanyahu, die eerste minister van Israel, het gewaarsku Israel sal reageer as Sirië se nuwe leiers Iran se “hervestiging” in Sirië of die bewapening van Hezbollah toelaat.
Dit volg na Siriese rebelle stede oorgeneem het en veroorsaak het dat die president, Bashar al-Assad, vlug.
Israel het ‘n gedemilitariseerde buffersone met Sirië betree kort na die rebelle die stede oorgeneem het en het ook verskeie strategiese militêre teikens opgeblaas. Netanyahu het gesê hy het toestemming vir die bombardering van wapendepots gegee om te keer dat “die wapens in die hande van djihadiste beland”.
Bronne: The Independent, Times of India, The Times of Israel
Lees ook: Israel betree Sirië-buffersone vir eerste keer in 50 jaar





