WES-KAAP. – Elri Schoeman (14 mnde.) het Donderdagoggend op die plaas Rietfontein, Calitzdorp, gesterf.
Sers. Christopher Spies sê aan Nuusflits Elri se ouers het die baba buite hulle huis op die plaas met beserings aangetref en met haar na ‘n hospitaal gehaas. Sy is met aankoms by die Oudtshoorn-hospitaal dood verklaar.
Die Calitzdorp-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen om die omstandighede van die babameisie se dood te ondersoek. ‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood vasstel.
Elri het op 21 September een jaar oud geword en haar pa Jannie het op 8 Desember verjaar. Die volgende dag het Jessica Schoeman die volgende plasing saam met Elri se verjaardagfoto’s op sosiale media gedeel. Vier dae later het die Schoeman-egpaar se dogtertjie gesterf.
“Die 21ste September 2024![]()
![]()
![]()
![]()
Ons baba Elri word EEN!
“Op hierdie spesiale dag kon ons ‘n volle jaar van die ongelooflikste groot seën in ons lewe vier! As mamma na jou kyk, is ek van voor af in verwondering oor God se handewerk. Dat hy ‘n spesiale dogtertjie, so mooi en so volmaak vir ons geskape en boonop toevertrou het aan net ‘n doodgewone pappa en mamma soos ons. Dit voel of ons net so lekker saam verjaar, want ons word opnuut herinner dat ons die wonderlikste en HEEL GROOTSTE geskenk van BO ontvang het! Dankie dat jy, liefste klein Elri, ons lewens so kom verryk en dat jy ons so gereeld kom herinner aan wat opregte en onvoorwaardelike liefde en genade werklik is. Dit is ons gebed dat jy sal groei en kan grootword met die leiding van Sy groot Vaderhand. Dat God elke treetjie van kruip tot jou eerste tree van loop saam met jou sal gee en jou seën en beskerm in al die wonderlike avonture wat in die nuwe lewensjaar vir jou voorlê!
“Mag jy uit jou magie uit lag en met ‘n glinster in daardie bruin ogies die lewe geniet! Mag jy geluk in almal se lewens om jou saai en sorgvry met ‘n kinderhart speel en vreugde in die eenvoudigste dingetjies vind! Mag jy altyd so lief wees vir buite speel, vuil word, nuwe dinge leer en ontdek en mag jy nooit vergeet hoe oneindig LIEF ons jou het nie!![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
![]()
“Dankie vir al ons familie en vriende wat die dag saam met ons kon vier en dit spesiaal gemaak het vir ons Blom![]()
Julle is vir ons kosbaar!
“Ilse Jordan Photography jou foto’s is SO mooi en spesiaal! Dankie dat jy hierdie pragtige herinneringe vir ons vir altyd kon vasvang![]()
![]()
Nuusflits wil hiermee met die Schoemans simpatiseer.





