KWAZULU-NATAL. – ‘n Risso-dolfynkalf is Dinsdagoggend gehelp, nadat hy op Willardsstrand in Ballito gestrand het.
IPSS Search and Rescue sê rapportering van die kalf is ontvang, waarna lewensredders van KwaDukuza-munisipaliteit en omstanders vinnig hulp verleen het. Die kalf is deur die weldoeners veilig gehou totdat uShaka Marine World, NSRI en IPSS Search and Rescue opgedaag het.
Die reddingspan het die kalf in afwagting van ‘n permit en ‘n uShaka-voertuig na die Tiffany-getypoel in Salt Rock verskuif. Die voertuig het die kalf veilig na uShaka Marine World vervoer, waar dit versorg sal word.






