Aardbewings op Griekse eiland duur voort

Lees ook :

Aardbewings duur voort in Griekeland fotokrediet: Canva

SANTORINI, GRIEKELAND. – Aardbewings word steeds op die gewilde eilandbestemming Santorini in Griekeland aangemeld. Sedert 1 Februarie het reeds meer as 800 aardbewings, wat hoër as drie op die Richterskaal meet, in die omgewing voorgekom.

Lees ook: 5.2-aardbewing tref naby Griekse eilande

‘n Noodtoestand is verlede week op Santorini verklaar na ‘n 5.2-aardbewing naby in die Egeïese See voorgekom het. Saterdag is 11 trillings met ‘n intensiteit van 4 op die Richterskaal gemeet.

Meer as 11 000 mense is ontruim, met ekstra vlugte en veerbote wat gereël is. Nog geen erge skade of sterftes is aangemeld nie.

Bronne: Daily Mail, Turkiye Today, BNO News

Lees ook: 5.2-aardbewing tref naby Griekse eilande

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief