Verhoorafwagtendes gesoek wat uit aanhouding ontsnap

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Knowledge Dhambuza (36), Limited Dhambuza (25), Eric Zion Nechikhovele (39) en Joao Chauke (27) het Maandagoggend omstreeks 04:30 uit selle by die Northam-polisiestasie ontsnap.

Kol. Malesela Ledwaba sê daar word sedertdien na die verhoorafwagtende buitelanders, wat gearresteer is omdat hulle glo met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het, gesoek. Polisielede wat aan diens was, het na bewering ‘n harde slag uit die rigting van die selle gehoor en ondersoek ingestel. Verskeie seldeure is oopforseer gevind. ‘n Span speurders is aangestel om die omstandighede van die ontsnapping te ondersoek.

Die gemeenskap word gewaarsku om nie die verdagtes te nader nie, maar kan kapt. du Plessis by 082 565 7611 en AO Temane by 082 934 6275 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief