Gevalle van hand-voet-en-mondsiekte styg in KZN

Lees ook :

Hand -, voet- en mondsiekte gevalle styg in KZN fotokrediet: Canva

KZN. – Die gesondheids-LUR, Nomagugu Simelane, het gister tydens ’n besoek aan Laerskool Lenham gesê die gevalle van hand-voet-en-mondsiekte het oornag tot 195 gevalle gestyg.

Lees ook: Gevalle van hand-voet-en-mondsiekte styg steeds

Sy het gesê die nuwe gevalle kom van die eThekwini-distrik, wat nou 147 gevalle van die siekte het. King Cetshwayo-distrik het 25 gevalle, uGu-distrik het 20 en uMkhanyakude het 3 gevalle.

Al die gevalle is by laerskole en dagsorgsentrums aangemeld. Volgens Simelane het Laerskool Lenham minstens 89 gevalle.

Simelane het gesê hand-voet-en-mondsiekte is voorkombaar deur goeie higiëne en die higiëne- maatreëls wat tydens die Covid-pandemie toegepas is, moet weer gevolg word. Sy het gesê mense moenie paniekerig raak nie, maar eerder aksie neem en seker maak goeie higiëne word toegepas en siek kinders word by die huis gehou.

Die departement monitor die voorkoms van die siekte.

Bronne: KwaZulu-Natal departement van gesondheid

Lees ook: Gevalle van hand-voet-en-mondsiekte styg steeds

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief