Tienerseun verkrag glo 8-jarige meisie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Tienerseun (15) het glo onlangs ‘n agtjarige meisie in Belfast by ‘n interskole-musiek-aktiwiteit verkrag. Volgens lt.kol. Jabu Ndubane is die seun vir ‘n verslag na ‘n proefbeampte en die dossier vir beslissing na die senior openbare aanklaer verwys.

Jackie Macie, die LUR vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, het die gemeenskap gemaan om kalm te bly en nie die reg in eie hande te neem nie, nadat dit bekend geword het dat die gemeenskap ‘n protesaksie beplan. Hy het gesê die polisie moet ‘n kans gegun word om hul werk te doen.

Die toename in die aantal verkragtings in dié provinsie is kommerwekkend, het genl.maj. Zeph Mkhwanazi, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, gesê.

Kort ná die voorval in Belfast is ‘n gr. 12-leerling (17), wat vroeg by ‘n skool in Bosbokrand opgedaag het, aangeval. Die kind het egter terugbaklei en die aanrander het op die vlug geslaan. ‘n Verdagte is later in hegtenis geneem en het reeds op ‘n aanklag van seksuele aanranding in die plaaslike landdroshof verskyn.

In nog ‘n geval, in Middelburg op 4 Mei, het ‘n ma haar tot haar dogter (13) se redding gehaas toe ‘n man, wat aan haar bekend was, die kind oorval en sy om hulp geskree het. Die verdagte is van verkragting aangekla en sal vandag (Donderdag) in die plaaslike landdroshof verskyn.

Op 12 Mei is ‘n 18-jarige in ‘n huisroof in Leslie na bewering met ‘n vuurwapen gedreig en verkrag. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie vra enigiemand met inligting om sers. Bheki Maphanga by 071 420 0295 te bel.

Het jy kommentaar op die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief