Betogings teen deportasie in Amerika versprei

Lees ook :

Betogings teen deportasie in Amerika versprei fotokrediet: X

VSA. – Betogings teen deportasie en immigrasie-beamptes het na nog Amerikaanse stede versprei nadat dit Vrydag in Los Angeles begin het.

Lees ook: 60 in hegtenis ná betogings in Los Angeles

Immigrasie-beamptes het Vrydag klopjagte uitgevoer in buurte waar hoofsaaklik Spaanssprekendes woon, wat tot ’n massa-weerstand gelei het.

Pres. Donald Trump het die Nasionale Wag stuur om die betogings onder beheer te bring – wat na berig word verdere betogings aangewakker het.

Daar is nou sowat 30 nuwe betogings in New York, Austin, Texas, Santa Ana, Sacramento, San Antonio, Chicago, San Francisco en Houston. Betogings word ook beplan in Washington, Philadelphia, Atlanta, Boston, Seattle, Denver, Las Vegas, New Orleans, Charlotte, Portland, St Paul en Santa Fe.

Bronne: The Independent, TIME, Fox News

Lees ook: 60 in hegtenis ná betogings in Los Angeles

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief