WES-KAAP. – Vuyolwethu Tshukela (38), ook bekend as ‘Yesu’, gebore in Mthatha, wat gesoek is vir aanklagte van moord, afpersing en brandstigting, is Vrydag in Welkom in hegtenis geneem.
Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die Wes-Kaapse polisie het verskeie mediavrystellings uitgereik waarin daar na inligting oor die woonplek van Tshukela gesoek is. Die misdade waarvoor hy gesoek is, is na bewering aan die taxibedryf verwant en in die Nyanga-gebied gepleeg
Soos wat die ondersoek voortgaan, kan bykomende aanklagte teen Tshukela ingestel word. Hy kom na verwagting vandag in die Athlone-landdroshof voor.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





