NIGERIЁ. – Volgens oorlewendes het die dodetal ná ’n aanval in noord-sentrale Nigerië oor die naweek tot 150 gestyg. Die oorlewendes is besig om deur afgebrande huise te soek na liggame van oorledenes en mense wat vermis is.
Lees ook: Air India-vlug vandag gekanselleer
Dit volg ná ’n groep gewapendes die Yelewata-gemeenskap Vrydagaand binnegedring het, op mense begin skiet het en hulle huise aan die brand gesteek het. Baie van die oorledenes het in ‘n mark geskuil waarheen hulle uit ander dele van die land van gewelddadige aanvalle gevlug het.
Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Skermutselings tussen boere en veeherders is egter algemeen in dié deel van die land oor beperkte toegang tot grond en water. Die president van Nigerië, Bola Tinubu, gaan vandag die gebied besoek om sy medelye te betoon.
Bronne: ABC News, SABC, AfricaNews
Lees ook: Air India-vlug vandag gekanselleer





