VSA. – Elon Musk het die naweek op X aangekondig hy het ’n nuwe politieke party gestig, genaamd die America Party, om die Republikeinse en Demokratiese partye uit te daag.
Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar
Musk het op X gesê die nuwe party sal moontlik in een of ander stadium ’n presidensiële kandidaat ondersteun, maar die “fokus vir die volgende 12 maande is op die Huis en die Senaat”. Hy het voorheen herhaaldelik nuwe regeringsbeleide gekritiseer wat die Amerikaanse nasionale skuld vermeerder.
Donald Trump het Musk se nuwe party “belaglik” genoem en het voorheen gesê Musk is kwaad omdat Trump se “groot, pragtige wet” die groen-energie krediete vir Tesla se elektriese voertuie wegneem.
Bronne: BBC, DW – South Africa, New York Post
Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar





