Verdagte in aanhouding wat glo e-hailing-bestuurder steek

Lees ook :

Foto: Skermgreep video Kraailove

WES-KAAP. – ‘n Verdagte (34) is Woensdag op aanklag van gewapende roof en aanranding met die opset om ernstig te beseer in hegtenis geneem. Dit volg nadat ‘n e-hailing-bestuurder Dinsdag in Brackenfell met ‘n skerp voorwerp gesteek en beroof is. ‘n Video-opname van die misdaad is op sosiale media gedeel.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits ‘n tweede verdagte is nog op vrye voet, maar alle leidrade word opgevolg om hom ook aan te keer. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief