Meisie kritiek nadat sy oor ‘onwettige kragverbinding’ val

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Meisie (5) is vroeër vandag (Maandag) buite haar huis in Hilltop deur elektrisiteit geskok en in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem.

Reacton Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaverklaring verskeie eenhede is vir hulp na die toneel ontbied. Met aankoms is die kind na ’n nabygeleë grondpad geneem waar noodvoertuie toegang kon verkry. Ooggetuies het aan Rusa-beamptes vertel die meisie en haar broer (12) was alleen tuis tydens die voorval.

Die kind het glo met ’n glas water gestruikel en oor ’n onwettige elektrisiteitsverbinding en op oop drade geval. Bure het haar bewusteloos aangetref en die Rusa-beheersentrum vir hulp bebel.

Noodpersoneel het die meisie op die toneel gestabiliseer voordat sy vir verdere behandeling na ’n plaaslike hospitaal geneem is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief