80-jarige dokter en kleinseun verskyn op moordaanklagte in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Jakobus Troskie (80), ‘n mediese dokter, en sy 17-jarige kleinseun, wat weens sy ouderdom nie geïdentifiseer word nie, het op aanklagte van moord, poging tot moord, regsverydeling, roekelose blootstelling aan gevaar en oortredings van die vuurwapenbeheerwet in die Kroonstad-landdroshof verskyn.

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die inhegtenisnemings volg nadat die polisie die liggaam van ‘n man in ’n vlak graf op die dokter se plaas ontdek het. In ooreenstemming met die kinderregtewet is die minderjarige ná sy eerste hofverskyning in die sorg van sy voog geplaas.

Die saak kom vandag (Donderdag) weer vir ‘n formele borgtogaansoek voor.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief