Vyf mense dood, insluitend kinders, nadat Israel Libanon aanval

Lees ook :

Vyf mense dood, insluitend kinders, nadat Israel Libanon aanval fotokrediet: X

LIBANON. – Die Libanon gesondheidsministerie het gesê vyf mense, insluitend drie kinders, is gister dood in ‘n Israeliese hommeltuigaanval op Libanon. Daar is twee mense in die aanval beseer.

Lees ook: Katar hou noodvergadering oor Israel se aanval op Doha

Die Israeliese weermag het gesê dit het ‘n Hezbollah-agent geteiken in Bint Jbeil, maar het erken verskeie burgers is ook in die aanval dood.

Die weermag het in ‘n verklaring gesê: “Die Israelie weermag is spyt oor enige skade aan onbetrokke mense en werk om skade te beperk soveel as moontlik. Die voorval word ondersoek”.

Plaaslike nuus in Libanon het gesê ‘n hommeltuig het twee vuurpyle gevuur op ‘n motorfiets en Mercedes-voertuig. ‘n Pa en sy kinders is dood nadat die voertuig getref is en die ma en oudste dogter is in die hospitaal. Die motorfietsryer wat glo die teiken was, is ook dood.

Bronne: Euronews, CNN, The Citizen

Lees ook: Katar hou noodvergadering oor Israel se aanval op Doha

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief