Hamas oorhandig nog liggame aan Israel

Lees ook :

Hamas oorhandig nog liggame aan Israel fotokrediet: X

GASA. – Hamas het gister nog vier liggame van gestorwe gyselaars aan Israel vrygestel en sal na verwagting vandag nog vier liggame oorhandig.

Lees ook: Lewende gyselaars almal vry en terug in Israel

Al 20 lewende gyselaars is Maandag aan Israel geruil vir 1 700 Palestynse gevangenes wat sonder aanklag aangehou is en 250 gevangenes wat lewenslange vonnisse moes uitdien.

Die Israeliese regering het gedreig om verdere humanitêre hulp in Gasa te beperk totdat al die liggame van gyselaars aan hulle oorhandig is. Hamas het gesê dit is moeilik om die liggame op te spoor.

Die Israeliese verdedigingsminister het Hamas gewaarsku dat “enige uitstel of vermyding met opset gesien sal word as ‘n oortreding van die skietstilstandbepalings en aksie sal geneem word”.

Bronne: BBC, Euronews, CBS News

Lees ook: Lewende gyselaars almal vry en terug in Israel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief