GAUTENG. – ’n Man is Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis in die Lewzene Estate in Culllinan aangeval. Die Cullinan-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits volgens inligting is die slagoffer vasgebind gelaat, terwyl verdagtes met van sy besittings en bankkaarte gevlug het. Die kaarte is glo gebruik om onttrekkings te maak. Die voorval is Donderdag kort voor Nuusflits se navraag aangemeld.
‘n Ondersoek na die onbekende verdagtes duur voort.





