Wenner van Paralimpiese goue medalje Paige Greco (28) oorlede

Lees ook :

Paralimpiese goue medalje wenner Paige Greco (28) oorlede fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – Die Paralimpiese gouemedalje-wenner Paige Greco is gister in die ouderdom van 28 oorlede ná ‘n “skielike mediese episode”.

Lees ook: Huldeblyke stroom in ná dood van Franklin Sonn, oudambassadeur

Sy het goud gewen in die 2020 Paralimpiese Spele in Tokio in die C1- 3 3000 m-wedloop vir vroue, asook twee brons medaljes. Greco het nog in Augustus van die jaar brons gewen by die Para-Cycling Road-wêreldkampioenskap in België.

Greco is in haar huis in Adelaide oorlede. Haar ma het in ‘n verklaring gesê: “Die familie is platgeslaan deur haar dood, maar is baie trots op die persoon wat sy was en die manier waarop sy Australië verteenwoordig het”.

Bronne: Metro, ABC, BBC

Lees ook: Brutus, Rondevlei se eerste en bekendste seekoei, op 47 dood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief