KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ’n baba is vanmiddag (Woensdag), gebrand, in bosse by Brighton Beach op die Bluff in Durban gevind. Paramedici en die polisie is na die toneel ontbied.
Luidens ‘n verklaring van Garrith Jamieson van ALS Paramedics het nooddienste kort ná 14:00 op die toneel aangekom, nadat ’n verbyganger die baba in die bosse naby die braaigebied ontdek het. Paramedici het die baba ondersoek en op die toneel dood verklaar. Die baba, van wie die geslag nie bevestig is nie, het verskeie ernstige beserings, insluitend brandwonde, opgedoen.
Omstandighede wat tot die voorval gelei het, is tans onbekend en sal verder deur die polisie ondersoek word.





