Spanjaard moet R500 000 aan staat opdok

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – David Navarro Roman, ‘n Spaanse burger, moet R500 000 aan die NVG se batebeslagleggingseenheid betaal nadat ‘n verbeurdverklaring bekom is. Roman is skuldig bedvind aan die onwettige besit van 22 pantsergordelakkedisse (armadillo girdled lizzard) en ’n gespikkelde padloper, ‘n skaars skilpadspesie endemies aan Suid-Afrika se Wes-Kaap en Namakwaland. Hy is ook aangekla van die invoer en vervoer van wilde diere sonder permit, geldwassery en die besit van fauna sonder dokumentasie.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê Navarro het erken dat hy in November 2025 in Klawer gebly het en die diere sonder permit gekoop en in sy hotelkamer gehou het. Die polisie en Cape Nature het hom in hegtenis geneem ná ’n wenk oor sy onwettige aktiwiteite. Hy het skuldig gepleit en erken dat hy geweet het dat hy nie die diere moes besit, vervoer of verkoop sonder toestemming nie.

Die hof het ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar vir al die oortredings aan Roman opgelê. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Die R500 000 is ingevolge die wet op voorkoming van georganiseerde misdaad in beslag geneem en sal tussen die kriminele bateherwinningsrekening (Cara) en Cape Nature verdeel word.

Die diere is aan Cape Nature oorhandig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief