OOS-KAAP. – Die polisie in dié provinsie het ‘n beloning van tot R50 000 uitgeloof vir inligting wat kan help om die verdagtes op te spoor wat na bewering vyf jong vroue in Bityi verkrag het.
Kapt. Welile Matyolo, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op 30 Maart 2024 kort ná middernag by Khonqeni in Xhongorha A/A naby Bityi plaasgevind. Agt vroue, tussen 20 en 25 jaar oud, het glo geslaap toe twee onbekende mans die rondawel binnegedring het. Die verdagtes het glo die slagoffers se selfone gesteel en vyf van hulle verkrag voordat hulle op die vlug geslaan het.
Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Nomanjila by 082 697 5920 of sers. Danisa by 083 527 4451, te bel.





