Brekende Nuus
Afrikaans

Seun (7) verdrink op Oujaarsdag

'IPSS Search and Rescue waarsku teen die oorsteek van riviere by laagliggende brûe en plekke waar daar nie brûe is nie.

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (7) het op Oujaarsdag verdrink toe hy deur die Enemberivier in Sundumbili meegesleur is.

IPSS Search and Rescue het saam met die brandweer ‘n soektog geloods en daarin geslaag om die seun se liggaam uit die rivier te haal.

Die liggaam is aan die polisie op die toneel oorhandig.

IPSS Search and Rescue waarsku teen die oorsteek van riviere by laagliggende brûe en plekke waar daar nie brûe is nie.

Bron: IPSS Search and Rescue