Brekende Nuus
Afrikaans

Groblersdal – vyfde beskuldigde gee homself oor

Dries Olivier wat glo deel van die vreedsame optog op Groblersdal op 24 Februarie was, het homself aan die polisie oorhandig en het borg ontvang.

Foto: Francois van der Merwe (Bittereinders)
Foto: Francois van der Merwe (Bittereinders)

MPUMALANGA. – Dries Olivier, die voormalige burgemeester van Groblersdal, ook betrokke op die dag van die vreedsame optog toe Francois van der Merwe in hegtenis geneem is, het homself vandag aan die polisie oorgegee.

Francois van der Merwe van die Bittereinders en medebeskuldigde sê Olivier is in hegtenis geneem, waarna hy in die landdroshof verskyn en op borg van R5 000 vrygelaat is.

Olivier sal weer op 4 April saam met Van der Merwe, Wilem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels in die hof verskyn.

“Op hierdie stadium kan ek u nie meer inligting gee nie, maar ek sal julle op hoogte hou tot die beste van my vermoë.”

Lees meer hier.