Brekende Nuus
Afrikaans

Man se ingewande val uit toe hy nies

Man se ingewande val uit na hy nies

fotokrediet: Canva
Man se ingewande val uit na hy nies fotokrediet: Canva

Lees ook: Saak van moord na vrou doodgeskiet is in Fleurhof

FLORIDA, VSA. – ‘n Man wat ‘n operasie gehad het en net die krammetjies wat sy wond aanmekaar gehou het laat verwyder het, se ingewande het uitgeval toe hy in ‘n restaurant nies.

Die man (63) het ‘n geskiedenis van kanker en moes ‘n operasie ondergaan om sy blaas te verwyder wat hom met ‘n wond gelaat het.

Hy en sy vrou is na ‘n restaurant om te vier dat die krammetjies wat die wond toegehou het verwyder is, toe hy nies en toe hoes.

Die man het besef daar is fout en het pyn ervaar waar die wond was. Volgens berig is, het die man afgekyk en gesien dele van sy ingewande peul uit waar die wond was. Hy het die ingewande met sy hemp toegemaak en sy vrou het ‘n ambulans gebel.

Die man is na die hospitaal geneem en sy ingewande is teruggesit. Daar was geen skade aan sy ingewande as gevolg van die voorval nie.

Bronne; The Independent, The Mirror, Newsweek

Lees ook: Saak van moord na vrou doodgeskiet is in Fleurhof