GAUTENG. – Die liggaam van ’n vrou is Sondag omstreeks 12:00 in ’n oop veld naby Rhokanaweg in Springs gevind.
Voglens polisiewoordvoerder, brig. Brenda Muridili, is die liggaam opgemerk deur personeel van ‘n veiligheidsmaatskappy wat die gebied in ‘n voertuig gepatrolleer het. Die polisie is in kennis gestel, waarna die nodige rolspelers, insluitend die taakspan wat die Ekurhuleni-moordondersoeke hanteer, misdaadtoneelbestuur, ondersoekende sielkundedienste (IPS), speurders en misdaadintelligensie, gemobiliseer is. Lt.genl. Tommy Mthombeni, Gauteng se provinsiale polisiekommissaris, was ook op die toneel.
Verdere inligting sal beskikbaar gestel word nadat voorlopige ondersoeke afgehandel is.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: