NOORDWES. – Martin Boitumelo Mosime (28) en Moleko Sekwaage (29), wat in verband met die moord op en roof van Hannetjie (Johanna) van Zyl (55) op Doornpan-plaas buite Ottosdal in Noordwes in hegtenis geneem is, het vandag in die Ottosdal-landdroshof verskyn. Die saak is vir ‘n borgaansoek tot Dinsdag 20 Oktober uitgestel.
Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die polisie se ondersoek duur voort terwyl daar steeds na ’n derde verdagte gesoek word. Verdere besonderhede oor die ondersoek is nie bekend gemaak nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: