Boeing raak glo aan die brand, maak noodlanding

Lees ook :

Boeing vliegtuig raak glo aan die brand, maak noodlanding fotokrediet: X

ITALIЁ. – ’n Boeing wat op pad was van Corfu na Düsseldorf moes Saterdag ’n noodlanding by die Brindisi-lughawe in Italië maak ná 40 minute in die lug toe die enjin glo aan die brand geraak het.

Lees ook: Drie mense dood in skietery by restaurant in New York

Die bemanning op die vliegtuig van die Condor-lugredery het besef daar was ’n onderbreking in lugvloei na die regterenjin se turbine op ’n hoogte van 36 000 voet. Passasiers het aan die media gesê hulle het oranje en rooi “vlamme” by die enjin sien uitkom.

Die vliegtuig het ’n noodlanding gemaak, met al 273 passasiers en 8 bemanningslede ongedeerd.

Die vliegtuig ondergaan ’n tegniese inspeksie. ’n Woordvoerder van Condor-lugredery het gesê “daar was geen gevaar” vir passasiers op enige tyd nie en dat hulle nie kan bevestig of daar ’n brand in die enjin was nie.

Bronne: Metro, Daily Mail, PEOPLE

Lees ook: Drie mense dood in skietery by restaurant in New York

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief